Vandag moet my Mamma skryf hoekom ek spesiaal is vir haar. Sy het 'n hele rukkie na die foon se skerm gestaar want sy weet as sy moet begin gaan sy nooit ophou nie. Mamma se ek is spesiaal omdat ek haar en Pappa se hartjies elke dag vol vreugde en liefde maak met my sprankelende persoonlikheid en my goeie hartjie al is ek 3. My lawwe grappies maak Mamma se dag net soveel beter. Maar die belangrikste is ek spesiaal om dat God my Uniek gemaak het in Sy eie manier.