Ludwig - my Warwoel!!Wikkel Wurm Seuntjie!! Jou vriendelikheid, deernis, so klein soos jy is en oog vir detail is vir my besonders. 'n Seuntjie wat weet wat hy wil hê, hardekoejawel boude as hy lus is die dag of die liefste lyfie wie se drukkies en soene geen einde ken. Ek leer by jou (BAIE MEER)as jy by my. Jy het wysheid in jou hart wat ek nie kan beskryf nie en 'n wildheid wat ek hoop jy nooit sal verloor nie. Ons mooiste, wildste en geliefste Warwoel-lyf!! Ek is 'n amper 3 jarige seuntjie wat graag met dinosaurs speel en Morphel op Netflix kyk.