Ons pragtige en kosbaarste kleinding, Kai. Ons het die heel beste geskenk ontvang toe ons dit die meeste nodig gehad het. "Jy weet nie wat liefde is voor jy nie kinders gehad het nie" het almal altyd vir my gesê. "Niks maak jou meer onselfsugtig as jou eie kind nie" het my ouma oor en oor gepreek. Ja Ja Ouma... Maar toe, toe is dit die reine waarheid. Nie net het hy die pragtigste blou oë nie maar ons is gesê hy lyk soos Elvis. PS: Ons het twee kitare wat reg staan 🤣 "Kyk al die hare!" is die eerste ding wat die dokter gesê het, en meeste ander mense ook as hulle vir Kai sien. Kry dit by sy pappa want mamma het omtrent niks meer oor nie. Ons is nog baie klein maar ons maak heeldag en heelnag geselsies. Ons het al twee tande! En sjoe! Hulle kou te lekker aan al ons gunsteling speelgoed en kombersies. Ons hou van lag en giggel vir alles wat snaaks is. Ons kyk ook Caitie's Classroom op Youtube want sy leer ons so mooi. Ons lees lekker saam mamma en pappa al weet ons nog nie eintlik wat aangaan nie. Ons raak opgewonde as mense vir ons glimlag want dit maak ons hartjie bly.