DG ons Poepenoetsie soos ons hom noem is die seuntjie wat vir sy mamma van ware liefde kom leer het, hy het sy mamma se hart kom sagmaak vir elke ander klein maatjie daar buite, vir mamma kom leer wat dit is om regtig bang te wees, want 'n lewe indink sonder hierdie kleinlyfie kan sy mamma nie meer indink nie, hy is regtig 'n seuntjie wat net liefde uitdeel, hy het die lekkerste warm pokkel handjies, deel soene soene uit, en met sy witty persoonlikheid en liefde vir sy hond Sokkies wat hy natuurlik by sy oupa Dirkie gegaps het speel die 2 altyd so baie lekker buite in die tuin met 'n bal! Hy geniet stappie tyd saam ouma Lollie en skooltoe gaan is vir hom die lekkerste tyd van die dag! DG is verseker sy mamma se I Love you Baby!