1 min read

Daar is vir kinders niks so lekker soos om by ‘n vuur te sit en stokbrood maak nie! Selfs die ou kleintjies kan ook hulle eie broodjie braai. 

Bestanddele: 

1 kg wit of bruin broodmeel 

2 teelepels bakpoeier 

2 teelepels sout 

1 koppie botter 

200 ml water 

botter en stroop 

Elke kind moet ‘n lekker lang stok hê – ongeveer so dik soos jou duim. (Maak seker die stok is nie groen nie, en bly weg van giftige plante af!) 

Metode: 

1. Meng die droë bestanddele en vryf die botter in. 

2. Voeg die water by en knie tot ‘n deeg. 

3. Gee vir elke kind ‘n bolletjie deeg. 

4. Vou die bolletjie deeg rondom die stok se punt en druk dit stewig vas. 

5. Hou dan die stok oor die kole en draai dit gedurig so dat die broodjie egalig bak. 

6. Die broodjie is gaar wanneer dit los van die stok kan draai. 

7. Haal dit van die stok af, en eet met botter en stroop.

Comments
* The email will not be published on the website.