1 min read

Hoe meer jy lees, hoe beter lees jy. Oefening is vir lees net so nodig soos vir sport. Hoe beter jy lees, hoe lekkerder word dit.

As jy goed kan lees, kan jy ook beter skryf.

Taal is uniek aan die mens. Ons gebruik taal op alle gebiede van die lewe en op verskillende  maniere. Lees is dus verwant aan skryf en praat.

Lees is nodig vir al jou skoolwerk, selfs Wiskunde. Jy moet die vrae kan verstaan en kan antwoord. Dit is dus nodig om met begrip te lees.

As jy lees, word jou wêreld groter. Jy leer nuwe wêrelde ken.

As jy van ander mense/dinge lees, kan jy begin droom.

As jy droom van ‘n beter lewe, kan jy dit bereik.

Lees gee jou eintlik ‘n klomp lewens ipv net een.

Lees jou ‘n voorsprong by nie-lesers. In akademiese prestasie, sowel as op emosionele gebied.

‘n Groot studie het gevind mense wat fiksie lees is verdraagsamer as die nie-lesers. ‘n Leser verstaan en aanvaar mense wat anders as jy is beter.

TV neem mens se verbeelding weg, maak jou lui en gebruik tyd wat jy vir ander dinge kon gebruik het.

Lees versterk jou verbeelding. Mens het verbeelding nodig om planne te maak in die lewe. Lees leer jou DINK. En buite die boks dink.

Vir baie tieners is dit nie cool om te lees nie. Wees jouself, maak self die keuse hoe jy jou tyd wil spandeer.

Iemand wat lees word nie maklik eensaam nie. Daar is altyd geselskap beskikbaar.

Lees kan mens inderdaad ‘n gelukkiger mens maak, want dit gee jou iets wat ander mense nie het nie.

Comments
* The email will not be published on the website.